


Doopbediening Die sakrament van die doop is ‘n besondere geleentheid, waartydens die Here op ‘n tasbare en simboliese wyse sy trou aan sy kinders kom belowe. Die doop is God se inisiatief waartydens hy Sy hand van liefde en verlossing na ‘n swak mens uitsteek. Ons elkeen moet antwoord op die aanbod van God. Deur ons lewens aan Hom toe te wy, en Hom as ons God en ons Verlosser aan te neem.
Die doop word bedien aan die kinders van gelowige ouers, selfs al verstaan hulle nog nie wat dit beteken nie. Die doop is immers van die vroegste tye af aan die hele gesin bedien, daar waar die ouer of ouers tot bekering gekom het. God se belofte van liefde en verlossing bly geldig, selfs aan die mees weerlose mens.
Die doop word ook aan volwassenes bedien wat tot geloof gekom het, as hulle nog nie voorheen die sakrament van die doop ontvang het nie.
Die doop word bedien op die volgende Sondae om 09:00. (Daar sal op geen ander Sondae doop bedien word nie, behalwe waar kinders uit die buiteland ouers besoek en wil doop. Reël asb LANK voor die tyd sodat die nodige reëlings getref kan word, en dat u ook die doopkategese kan deurloop) Individuele doopkategese (onder leiding van Dr Annelize Endres) vir die doop vind twee weke voor die doop plaas tussen 18:00 - 19:00 in die konsistorie.
Skakel asb die kerkkantoor om u doopgegewens op te gee en ‘n afspraak te maak vir doopkategese.
Doopkategese is verpligtend en moet deur beide ouers bygewoon word. Ouers moet die geleentheid liefs sonder hul babas bywoon.
|
|
